Logo
  Gansbaai akkommodasie selfsorg gastehuis walviskus gansbaai haai-duik walvisbesigtiging
 
Aire del Mar Gastehuis se eienaar, Roelof en Zelna, verwelkom u met vriendelike en persoonlike diens. Voeg daarby ons puik akkommodasie in ruim luukse kamers [almal met ‘n wonderlike uitsig oor die Atlantiese oseaan!] vir ‘n heerlik vakansie in Kleinbaai,‘n stil kusdorpie, naby Gansbaai, in die Overberg in Suid-Afrika .

Ons het die volgende akkommodasie beskikbaar :
  • 5 Ruim luukse kamers , almal met hul eie badkamers en balkonne en ‘n panoramiese uitsig oor die Dyer-eiland baai – vanaf Danger Point lighuis in die weste tot by Quion Point lighuis in die ooste. [eerste vloer]
  • 3 Selfsorg-eenhede – met see-uitsig en ‘en suite’ badkamers. Kamers almal toegerus met ‘n ys/vrieskas, mikrogolf, braaipan en toerusting om ligte maaltye te berei en bedien. Grondvloer. Braaivleis-geriewe beskikbaar.
  • ‘n Selfsorg-woonstel [agter die gastehuis] wat ‘n gesin of 4 ‘backpackers’ kan huisves.

Dienste en geriewe:

    • Vervoer vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe
    • Parkering op die perseel
    • Internet toegang vir epos
    • Was- en strykdiens
    • Yskas en ys op die huis
 

 

    Copyright (C) 2007, Aire del Mar. all right reserved